Van Boskind Tot Seenimf

Die Knysna olifante is iets waarvan jy hoor of in Dalene Matthee se boeke lees ….. maar min mense weet  hoe diè olifante se wêreld lyk. ‘n Uitsondering is Lyzette Feldtmann, ‘n avontuurlustige vrou wat as kind vakansies by haar ouma Anna Barnard in die bos deurgebring het.

 Lyzette Feldtmann

Lyzette is versot op bome, water en die see en wanneer sy nie in die bos gekuier het nie, was sy in die water. As kind het sy ‘n paar keer byna verdrink, maar dit het glad nie gekeer dat sy haar lewe rondom die water bou nie.

As gesig van Pili Pili Watersport in Witsand, het Lyzette die geleentheid om haar waterliefde uit te leef, maar die lewe het eers baie ompaaie met haar geloop voordat sy hier haar Shangrila gevind het.

As kind op Knysna het Lyzette geleer om te baklei vir oorlewing.  Sy beskryf haar ma, Maria Magdalena Barnard as ‘n vaal meisie uit die bos, wat in ‘n skoenlapper ontwikkel het nadat sy met haar pa, ‘n regte joller, getroud is. Haar broer, Deon, was die familie se gunsteling en sy, die lelike eendjie, moes baklei vir aandag.

Op 13-jarige ouderdom het sy by die Tattersals op Knysna ingestap en teen R50 ‘n dag (na skool) begin werk. Hier het sy vasgebyt tot na matriek en toe vlugtig B.Comm op Stellenbosch gaan swot, maar die sosiale lewe was tè lekker en sy’t die pad teruggevat na die Tattersals.

Op 21-jarige ouderdom het Lyzette die septer by die Bellville en Tableview Tattersals  geswaai en het sy sake gedoen met ‘n 9mm onder die toonbank.

Toe haar broer skielik op 32-jarige ouderdom aan ‘n hartaanval dood is, was die mat onder haar uitgepluk en het sy besef sy sal nou moet swem vir oorlewing.

Sy’s terug Knysna toe en sluit aan by Outward Bound, ‘n groep wat fokus op die jeug wat doelloos ronddobber.  “Hier kon ek my liefde vir die natuur en avontuur kombineer met die lewenswyshede wat ek langs die pad opgetel het,” vertel sy.

Voglende was Chrysalis Akademie in die Kaap waar sy ‘n metamorphose ondergaan het. As iemand wat deur die lewe gekarnuffel en mishandel is, kon sy met die meisies daar, identifiseer. Opleidingsessies is met ‘n ontladingsessie opgevolg en dis hier waar haar genesig begin het. Ses jaar lank het sy die land vol gereis om jongmense te help om hul lewe op die regte pad te kry. “Dit was die mees sielsverrykende ervaring ooit, maar toe raak ek te oud om gat te skuur en uit ‘n tas te lewe,” voeg sy by.

Op Knysna kruis haar paaie met Neels Swanepoel en Craigh Robinson van Pili Pili Sedgefield. Op hul aandrang besoek sy Witsand om te kyk of die watersport hierheen kan uitbrei. “Ek het vir vier dae gekom en nooit weer weggegaan nie – ek is reeds ses jaar hier,” vertel sy laggend

“Pili Pili Witsand is my baba. Ek het haar gebaar, haar moeilik grootgemaak en nou is sy amper uit haar doeke. 2019 is my jaar met al die nuwe verwikkelinge en uitbreidings rondom die restaurant en die watersport,” voeg sy by.

Sy glo aan die kollektiewe krag van samewerking en sê die volgende stelling omskryf haar lewensfilosofie:    With the rise in the tide, all ships shall rise

Vir meer inligting rondom Witsand of Pili Pili, besoek www.explorersgardenroute.co.za of skakel +27 (0)28 713 7829 of www.pilipili.co.za of +27 (0)28 537 1018

Artikel deur Denise Lloyd

Denise is ‘n Bol energie met ‘n positiewe instelling wat altyd oop is vir enige nuwe uitdaging en interessante ervaring.

Dekades al pols die ink van joernalistiek deur die are van hierdie media spesialis wat so twee jaar gelede ook die opwindende terrein van Suid-Afrika se rykste bedryf, die motorhandel, betree het. As bemarker en verkoopspesialis met uitgebreide ervaring in toerisme, skakelwese, gasvryheidsbedryf, marknavorsing en bestuur is elke dag ‘n lied en ‘n belewenis ….. maar die grootste  liefde bly nog steeds om stories te skryf, mense te ontmoet en die wêreld te verken.

Trudi Stander
Trudi Stander

Brand Ambassador Development Manager

Trudi Stander, the head of our BLOSS Brand ambassador program is a strong woman who faces life with no fear, fights for what she wants, and don’t care what people say about her. She is a businesswoman and entrepreneur with more than 10 years’ experience in the media industry. She believes that every moment we are alive is precious. Treat it as such and don’t waste a single second. Be brave, and don't be afraid to assert your power in the pursuit of your dreams. Set your goals, and accomplish them, but be kind to yourself. Make things happen without permission.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.