Die definisie van ’n BossLady is iemand wat in beheer is van haar lewe.
Met die lewe se gejaag en al die rolle wat jy as vrou, mamma, beroeps vrou, bo-baas huiskok en so meer moet speel, is dit vir baie van ons slegs ’n strewe. Elke #BossLady weet wel dat jy deur volharding, humor en liefde vir jouself en jou naaste wel jou drome sal bereik.
So jy is eintlik al klaar’n #BossLady, jy moet dit nou net begin glo.
Hier is ons top 5 websites net vir jou:
-
GirlBoss.com
Hoe dan nou anders? Hierdie hele beweging is begin deur Sophia Amoruso en is ’n MOET om te besoek. Hulle missie is om sukses te herdefinieer deur vrouens te bemagtig om hul eie toekoms te skep en te beheer. Hulle glo in Humor, Kwesbaarheid, Nuuskierigheid en Inklusiwiteit.
-
The Every Girl.com
Hierdie website is ’n wonderlike online resource vir enige kreatiewe beroeps vrou wat haar lewe tenvolle wil geniet. Dit het selfs ’n winkel en ’n Every Mom afdeling.
-
Hallo Giggles.com
Hierdie vermaaklikheids en leefstyl website is in Mei 2011 begin deur (van New Girl), Sophia Rivka Rossi en Molly McAleer. Dit skep ’n positiewe online gemeenskap vir vroue (alhoewel hulle sê mans is ook welkom!).
-
Small Hands Big Ideas.com
Dit word een van Generasie-Y (ja, jy is ook een) se beste webites genoem . Dit cover alles van sosiale media tot jou beroeps lewe tot hoe om balans tussen die twee te kry.
-
Ted.com (of te wel Ted Talks)
Hulle slogan is nie verniet “ideas worth spreading” nie. Dis ’n moet besoek! Die organisasie post online praaitjies oor amper enige iets onder die son. Jy kan gerus na Brene Brown se The Power of Vulnerability gaan luister.
Geniet dit 😊
Photo by EveryGirlBoss.com on Unsplash