Swem stroom op

‘n Trein.  My lewenspad voel vir my soos ‘n helder rooi trein wat sterk oppad is iewers heen.  Propvol gelaai met mense, dinge, belewenisse en onthou.  ‘n Hele trok vol onthou.  Ons het almal mense in ons lewens  vir ‘n rede, ‘n seisoen of ‘n leeftyd.  Mense is kos vir my siel.  Die stories, ervaringe, paaie wat gestap is, lesse wat geleer is.  Ek kan sit en luister vir ure.

Net so is daar ook ‘n hele trein vol goeters.  Goeters wat ek na aan die hart koester, wat my opgewonde maak en vir ‘n tydjie oopmond laat glimlag.  Skoene, jasse, blomme, sonbrille, geskeurde jeans, ringe, horlosies, hasies en natuurlik ook llamas (ja, ek het ‘n baie ongewonde fetish met ‘n llama).

Elke een van ons vind ons eiesoortige stukkie “joy”  op ons eie unieke manier.  Dis juis wat ons difirensieer van ander.  Ek self swem stroom op.  Altyd.  Iets ongewoon of eksentriek inspirer my.  Of dit nou ‘n random tannie in die straat is wat ek amper plat duik om te hoor waar kry sy haar oulike skoene, of ‘n nuwe foodie mark met happies to die for.

Ek is entoesiasies en passievol oor alles wat ek aanpak.  Soms ook tot my spyt, want ek sal nagte wakker le en ‘n nuwe idee of (ad)venture haarfyn beplan.  En het ek al genoem dat ek is mal is oor blomme?  Oh my word, ek LOVE blomme.  Maak nie saak hoe donker of blou enige dag is nie.  Blomme laat my altyd beter voel. Nie waar nie?

Hanri Chambers
Hanri Chambers

Editor: Trends

Hanri Chambers likes to always be in the know when it comes to the latest trends. She has a background in Marketing and Consumer Science. She loves everything regarding fashion, food and technology.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.

Subscribe Today And Win An Instax Mini 9

You have successfully entered the Instax Mini 9 competition and subscribed to the newsletter. Draw will take place on 19 January 2019.

There was an error while trying to send your request. Please try again.

Bloss Magazine will use the information you provide on this form to be in touch with you and to provide updates and marketing.