STRAATLIGKINDERS Stel Nuwe Album Vry | VERDWYN

16 November 2018 is die amptelike bekendstelling van ’n splinternuwe STRAATLIGKINDERS album, getiteld VERDWYN. Die album is die groep se eerste in 6 jaar, kom na die vrystelling van die eerste enkelsnit van die album, WONDER, op 2 November.

Die album is opgeneem in die groep se geboortedorp, Potchefstroom, sowel as Johannesburg en Pretoria vanaf Augustus vanjaar. Die eerste liedjie op die album is geskryf in Junie deur voorsanger Bouwer Bosch, en onmiddellik het die musiek ’n nuwe rigting vir die groep weerspieël. Die groep het aangehou skryf aan die res van die album vir ongeveer 3 maande, met die opname van die album wat 6 weke geneem het. Die groep het besluit om vir die album met 7 verskillende vervaardigers te werk, naamlik Ewald Jansen van Rensburg, Carlo de Villiers, Rudolph Willemse, Peach van Pletzen, Stefan Swart, Bouwer Bosch en Johan Oelofsenn.
“Die inspirasie vir die album was tyd. Hoe tyd mense, lewensveranderinge en perspektiewe verander. Hoe ons as mense groei.” – Bouwer Bosch.

’n Deurlopende tema op die album wat ook as inspirasie gedien het, is die lewenservaringe van die groepslede die afgelope 6 jaar en al die veranderinge wat gepaard gaan met grootword. STRAATLIGKINDERS beskryf hul grootste uitdaging met die nuwe album was om ’n middelweg te vind tussen hul swaar rock klank van vroeër en meer populêre melodieë soos vandag op radio gehoor.

“Wanneer dit by musiek kom, gaan dit nie oor uitverkoop nie, maar oor om in te koop, so ons het besluit om musiek te maak sonder om ons stem en wat ons wil sê in gedrang te bring. Wanneer mens ouer word moet jy baie goed afleer wat jy in jou jonger jare geleer het, so afleer was ’n groot deel van die album met betrekking tot die manier van hoe ons oor liedjieskryf en opnames gedink het. Ons is baie oop om dinge anders te doen die keer.” sê Bouwer.

Al is die fokus op die liedjies in plaas van hulself met die nuwe album, is die kenmerkende STRAATLIGKINDERS se rou en emosionele lirieke en melodieë steeds teenwoordig op die groep se 6de album. Hulle is bekend vir hul eerlikheid in hul musiek and was nog altyd trots op hul kitaar- en groot dromklanke, soos aanhangers steeds sal hoor op VERDWYN. Aanhangers kan uitsien na eerlike, rou en relevante musiek – van die mees persoonlike liedjies wat die groep al ooit in hul loopbaan geskryf het

STRAATLIGKINDERS – VERDWYN
Album Bekendstelling
Datum: Saterdag, 24 November 2018
Plek: Platteland, Centurion
Tyd: 19H00
Prys: R70 – R130
Kaartjies: https://bit.ly/2qQMT81

STRAATLIGKINDERS Kontak:

Instagram: www.instagram.com/straatligkindersza

Twitter: www.twitter.com/straatligkindrs

Facebook: www.facebook.com/straatligkinders

YouTube: www.youtube.com/straatligkinders

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.