Vandeesmaand het ons besluit om Avant-Garde te gaan by ons mode-afdeling en gedink dit pas perfek in by ons BLOSS-tema, Metamorfose. Iets nuuts, iets vars en iets ANDERS. Ons het besluit ons wil lekker speel met kleure wat uit pop , wat helder lyk en helder voel. So ek voel opgewonde om met jul die derde LOOK se asemrowende foto’s te deel in VOL KLEUR.
*Lees ook meer wat ek te se het vandeesmaand in die Oktober BLOSS-uitgawe, asook meer looks!
Wat is AVANT GARDE?
Avant-garde (die woord) kom van Frankryk af en beteken iets of iemand wat eksperimenteer, radikaal is of net heeltemal ander is ten opsigte van kuns, kultuur of die samelewing. Avant-garde stoot die grense wat aanvaar word as die norm of die status quo.
Rok (R999) van Mimusa | Baadjie (R1 960) van Nicci Boutique | Skoene (R769) van Nicci Boutique | Oorbelle (R1 990) van Maya’s Jewellery | Ring (R590) van Maya’s Jewellery
KREDIET
Fotograaf: Francois Olivier
Stilis: Karla Bosch
Produksie: Magdie Raats
Hare & Grimering: Debbie Ellis Makeup Artistry & Hair
Venue: Menlyn Maine Central Square, Pretoria, Suid-Afrika
Model: Mia Uys (Steele Model)