Dis tyd vir n nuwe avontuur! Die avontuur van ‘n leeftyd, waar ons deur die wêreld van jou gunsteling celebs reis. Deur die strate van hul lewens. Oor hul lewens-grense soos jy hul nog nooit gesien het nie! Wie weet… miskien leer jy iets oor jouself die oomblik as ons deur hul handsakke gaan? (nie dat dit ‘n norm is nie!)
Welkom aan die nuwe BLOSS blog. ‘n Nuwe wêreld wat lê en wag vir jou! ‘n Wêreld waar jy net kan wees, kan leer en jou hart se grootste begeertes kan blus.
Jy mag dalk vra…maar wie is jy? Aangename kennis. vir die wat nog onbekend is, ek is Francois Olivier – celebrity fotograaf, ontwerper, eienaar en CEO van Vocal Coaching SA. Ek is ook n liedjieskrywer, sanger en is deel van die pop groep AVEA (Sjoe! Wat n mondvol). Maar genoeg oor my! Hierdie blog gaan nie oor my nie! Die BLOSS blog gaan oor JOU en jou gunsteling celebs! So, kom en duik saam met my kop eerste in hierdie wêreld in!
Soos ek gesê het, die is nie net my blog nie… Die is jou blog en so wil ek graag ook van jou hoor! Wat is dit wat jou maak “click” met ‘n celeb en hoe maak dit jou voel? Vertel my… Is dit Francois Hougaard se lyf wat jou maak voel dat jy ‘n vakansie nodig het vir jou oë om te herstel?
Wat is dit van Corlea se goue engel stem wat jou wil maak sing buite die stort? Of Jo Black se baard wat jou maak voel dat jy Tarzan se Jane wil wees? Wat is dit wat jy graag sal wil weet van hulle?
Ons avontuur begin vandag en jy hou die pen vas!
Ja voorwaar. Corlea het n stem wat my hoendervleis gee. Ken nie eintelik Jo Black nie het hom op TV gesien sing. Het n pragtige stem ook. Wonder hoe het hy bekend geraak was dit dalk n kompetisie? Ons het voorwaar deesdae wonderlike sang talent. So trots op ons kunstenaars.