
Janinda Willcock van Kempton Park het haar Honneurs graad in Sielkunde, sy is ‘n vrou, ‘n mamma van drie dogtertjies en was in 2017 ‘n semi-finalis vir Mev. Suid Afrika.
Sy geniet die uitdagings in haar loopbaan en glo dat diversiteit ‘n gemeenskap interessant maak.
Sy en haar man, Suart, met wie sy nou al amper agt jaar getroud is, is in die proses om hul oudste dogtertjie, Prudence (8) aan te neem. In haar woorde… “dis nou al ‘n 7 jaar battle”. Haar ander twee dogtertjies is Abigail (6) en Sophia (4).
Janinda hou van lees, die buitelewe en het ook onlangs begin hekel. Vir ontspanning “binge” kyk sy TV reekse. Sy sê daar is sommige dae wat mens net moet “time out” vat en dan lê sy sommer heeldag op die bed en “binge”.
Sy ondersteun ‘n organisasie in Kempton Park met die naam Life Link Pregnancy Crisis Centre.
‘n Ander organisasie waarby sy betrokke wil raak is Jeremiah’s Hope. Dit is ‘n nuwe projek van Life Link Pregnancy Crisis Centre. Hulle wil ‘n baba shelter begin in Kempton Park met ‘n “Hole in the Wall” waar mammas hulle babas veilig kan plaas en nie op straat los om dood te gaan nie.
Janinda hou van pasta, veral haar man se suurlemoen hoender pasta. Dirty Dancing is haar “all time favourite movie”, en sy lees enige boek wat geskryf is deur Jodi Picoult. Sy is mal oor musiek uit die 80’s, en natuurlik Johnny Cash.