Elke reisiger het al ten minste een museum besoek – al was dit nou toe jy na een gesleep is op `n skool toer toe jy tien was.
Die voorwerpe en versamelings binne museums vertel soveel stories van mens en lewe op ons pragtige aardbol. Daar is soveel wonder en prag in elke uitstalling te vind. Geen wonder museums het sulke groot trek krag vir elke land geword nie.
Kan jy jou Parys voorstel sonder die Louvre? Sal enige reis na New York voldoende wees sonder om deur die MoMa te stap? Hoe sal ons van die Afrikaner praat sonder om die Voortrekker Monument te noem?
Kyk, neem my na `n museum en laai my asseblief eers weer na 2 weke op! Ek is MAL daaroor om verlore te raak tussen kuns en mooi voorwerpe, en die geskiedenis daaragter te leer. Ek is nou maar een van DAAI mense wat elke woord op elke bordjie WIL lees. Maar, ek verstaan ons almal stel egter nie altyd belang in die normale kuns museums nie – ek was al te veel aangejaag deur kêrels en my sustertjie om dit nie te besef nie. Maar glo my, die volgende 6 museums sal jy WIL besoek! Dis vreemd, dis anders, dis vir almal.
The International Spy Museum, Washington D.C, Amerika
As jy so lief is vir aksie flieks wat die doen en late van spioene soos James Bond vertel soos wat ek is, sal jy nie `n besoek aan die museum wil misloop nie. Dié is die enigste museum in die wêreld wat toegewyd is aan spioenasie. Klein kamera’s, verbloemde wapens en namaak geld vertel die rol van menslike inteligensie en spioene regdeur geskiendenis. Besoekers kan deel hê aan interaktiewe spioen avonture, hul eie cover stories kry en die stories van egte en fiktiewe spioene leer deur historiese foto’s en video onderhoude.
Burlingame Pez Museum, San Francisco, Amerika
Jy het nie `n soet tand nodig om die prettige versameling Pez houers by die Burlinghame se Pez Museum te geniet nie. Hier kan jy ook kyk hoe lank staan jy teen die wêreld se grootste Pez houer, `n sneeuman wat meer as 20 keer groter is as die tipiese Pez houer wat ons ken.
UFO Museum and Research Centre, Roswell, Amerika
Of jy glo en of jy nie glo nie, neem deel aan die gesprek oor die bestaan van UFO’s in dié Museum, wat memorabilia van die flying-saucer ongeluk in Roswell in 1947 bevat.
Sulabh Internasionale Museum of Toilets, New Delhi, Indië
Ummmm, ja. `n Museum oor Toilette bestaan werklik. Dr. Bindeshwar Pathak bied `n studie oor die essensiele onderwerp. As jy belangstel om te hoor hoe toilette verskil om die wêreld en die historiese evolusie van die voorwerp wil ontleed, besoek gerus die museum.
The Momofuku Ando Instant Ramen Museum, Osaka, Japan
Ek glo nie daar is een universiteit student wat nie geleef het op instant noodles nie! Momofuku Ando het die Cup Noodles uitgevind – wat feitlik alle studente die wêreld om vir 4 jaar aan die lewe gehou het met dié goedkoop ete. Die museum, wat 800 pakkies noodles uitstal, sluit selfs `n kursus in waar besoekers kan leer hoe om ‘vars’ noodles te maak. Yumm!
The Museum of Broken Relationships, Zagreb, Croatia
Hierdie museum bestudeer gebroke verhoudings en die objekte wat daaruit spruit. Besoekers word aangemoeding om voorwerpe uit hul verhoudings wat nie uitgewerk het nie te skenk en so hul kans om `n emosionele ineenstorting te voorkom. Hier sal jy die tipiese liefdes voorwerpe soos ringe, klere en Valentyns geskenke kry, maar ook vreemder objekte soos fluffy pienk boeie, `n trourok in `n glasbak en `n waatlemoen uit hout gemaak.
Loop jou miskien daar raak!
Tot Volgende Keer,
Bloss Voyage!