As jy Desember in Hartenbos is, kom sê hallo vir die BLOSS “girls”. Maak ook seker jy volg hulle op Instagram en Facebook om op hoogte te bly van al die lekker dinge wat hul gaan doen en om dalk ‘n gelukkige wenner te wees in een van hul kompetisies.
Baie dankie aan ons #blossfriends RUT Art InstaxSA One Forest MooGooSA Ougat Meubels en Harmony Honeybush wat saam ons kuier Desember.
Die Tuinroete se jaarlikse CAKE OFF saam met die ATKV Hartenbos vind plaas op Maandag, 17 Desember by die Soffelskuur in Hartenbos. Kaartjies is reeds beskikbaar – Moenie uitmis op die lekker saam kuier oggend nie. Bring al jou vriendinne en kom kyk wie stap hierdie jaar weg met die eerste plek.