Just wing it. Lewe, eyeliner, alles.

Dae vlieg teen ’n spoed verby en die lewe staan beslis nie lank genoeg stil vir jou om asem te skep nie. As student kan ek gereeld op kampus daarmee weg kom om ’n eenvoudige blou jean, wit t-hemp en tekkies aan te trek en my hare in ’n rowwe bolla te maak. Die korporatiewe wêreld gaan wel beslis nie hiervoor staan nie. So vind ek myself gereeld in die oggend in die spieël  staar en wonder,  is die uitrusting te formeel vir kampus lewe, of dalk te informeel vir werk later die middag? Die ewenaar het ek gevind is grimering.

Ek was nog nooit juis ’n meisie wat vreeslik baie aandag aan grimering gegee het nie, maar die media en tydskrif industrie laat mens vinnig twee keer hieroor dink. Almal lyk soos modelle en ek het eintlik bietjie buite my element gevoel! Ek het nog altyd ’n mooi vel gehad en het gewoonlik daagliks maar op dié goeie gene staat gemaak. Die student in my het gevoel as ek grimering wil verstaan en objektief besluite wil kan maak ten opsigte van grimering sal ek navorsing moet doen.

Google is maar waar almal se navorsing altyd begin en op die internet het ek ontelbare stap vir stap grimeer video’s  gekry. Ek het in skoonheid tydskrifte ook klomp advies artikels en produk resensies gelees, maar prakties was geen van die bronne juis hulpvaardig nie. Ek het toe by Louise Volschenk, eienaar en grimeer kunstenaar van HALOUW Make Up Academy gaan kuier. Voor iemand skrik, nee ek het darem nie by die skool aangesluit nie, maar ek wou graag by iemand leer wat daagliks met grimering werk en ook die tegniek daarvan verstaan.

Om te kan grimeer is vir my ’n vaardigheid waarmee elke vrou haarself moet toerus. Maak nie saak of jy elke dag wil grimeer of dalk eerder net drie keer ’n jaar vir die belangrikste geleenthede jou gesig poeier nie – dit is steeds empowering en ’n tool wat jy tot jou eie voordeel kan gebruik. Ek wou vinnige tegnieke leer wat genoeg van ‘n indruk maak en steeds min moeite is.’n Goeie matte fondasie, maskara en ’n helder lipstiffie is die kortpad wat Louise aanbeveel het. Dit steel nie te veel van my regmaak tyd in die oggend nie en lyk darem asof ek weet wat ek doen. As iemand wat nooit juis grimeer het nie vind ek dit help my tog in makliker in my werksomgewing aanpas terwyl ek stelselmatig my klerekas op gradeer na pencil skirts en power suits.

Nog ’n geheim wat Louise met my gedeel het, is HALOUW se Freeze Frame Setting-Spray. Ek het glad nie geweet die produk is noodsaaklik in jou grimeer sakkie nie tot ek dit vir ’n paar dae aaneen gebruik het nie. My grimering, die bietjie wat ek waag om te dra, was heeldag foutloos en net voor ek by die kantoor in draf spuit ek dit blits vinnig weer op. Dit laat jou vel blink en steeds vreeslik natuurlik en gesond lyk. Niemand sal eers weet jy het pas 10 stelle trappe geklim of van een klas na ’n ander gehardloop oor Tukkies se atletiek-veld grote kampus nie.

Deur my leer proses en studie dag het Louise sommer die geleentheid gebruik om vir my ‘n totale make-over te gee. Hierdie was meer grimering as wat al ooit gehad het en ek moes twee keer kyk om my weerkaatsing te herken. Dit was lekker om so bederf te word en myself in dié lig te sien maar vir elke dag lewe glo ek nie dat ek soveel grimering sal kan dra en gemaklik voel nie. Dit is juis vir my die beste ding van grimering, jy kan self besluit hoe en hoeveel jy daarvan wil gebruik.

  

Daar was al baie redenasies oor of grimering in die werksplek ‘n moet is en ek was nooit werklik seker waar my opinie oor die saak gestaan het nie. Die ding is, elke mens is anders en elke vrou is uniek en mooi, met of sonder haar grimering. Ek het soms steeds dae wat ek natuurlik en sonder grimering werk toe gaan, maar op die dae wat ek wel bietjie meer van ‘n stelling wil maak is grimering veel minder moeite as wat ek oorspronklik van oortuig was.

 

Photo by Manu Camargo on Unsplash 

Annica Potgieter
Annica Potgieter

Editor: Sex

Annica Potgieter has a passion for the media industry and especially everything that is presented on television- the magic box of mystery. She is here to assist in the creation of BLOSS in all his beautiful glory. In her spare time, she likes DIY, to draw and to collect Legos. She's not ashamed to say what nobody else wants to say.

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.

Subscribe Today And Win An Instax Mini 9

You have successfully entered the Instax Mini 9 competition and subscribed to the newsletter. Draw will take place on 19 January 2019.

There was an error while trying to send your request. Please try again.

Bloss Magazine will use the information you provide on this form to be in touch with you and to provide updates and marketing.