Lyne, patrone, vorms en optiese illusie is die dinge wat ontwerp spesiaal maak. Die verhouding tussen ontwerp en proporsie is van die grootste faktore in argitektoniese ontwerp. Geometrie speel n belangrike rol in skaal en kom direk ooreen met die balans en simmetrie van ontwerp. Geometriese patrone word dikwels gebruik deur binnehuis ontwerpers om die beplanning van n spasie seuitleg te konseptualiseer.
Afmeting is een van die belangrikste pligte voor n spasie ontwerp word, daarom is skaal n groot faktor in n goed beplande spasie.
Die “GOLDEN RATIO” is n wiskundige verhouding tegniek waarvolgens die persepsie van n spasie meer esteties voorkom. Geometrie is belangrik as dit kom by die ontwerp van patrone en temas. Die samestelling van verkeerde vorms kan onrusstellend voorkom. Simmetrie skep verantwoordelikheid met balans en
is makliker vir die menslike brein om te prosesseer. Die konsep kom gereeld voor en laat ons meer gemaklik voel. ‘n Geheime manier om simmetrie te bereik is die gebruik van spieëls. Dit is ‘n indirekte manier om gebruik te maak van gelykheid. Dit is doeltreffend om ook ‘n paar asimmetriese elemente te gebruik wat aandag trêk, waarvan muurkuns ideaal is. Gebruik die hoeveelheid spasie in jou gekose vertrek, beplan jou meubel uitleg vooruit en onthou skaal en proporsie!
Die rotasie van objekte om ‘n sentrale punt word ook aanvanklik beinvloed deur geometrie in binnehuis ontwerp. Die herhaling van patrone skep ‘n illusie van beweging en word dikwels gesien in vloerteëls, muurpapier en materiaal ontwerp.
Geometriese patrone bring ook n drie dimensionele gevoel tot n spasie en kan ‘n besonderse indruk maak.
images by adsttc.com and pinterest.